Een van die gewildste Duitse TV-nuuslesers is deesdae self in die nuus. Eva Herman, nuusaanbieder vir die staatskanaal ARD, is verlede maand terstond die deur gewys nadat sy Hitler se nasionaalsosialistiese beleid ten opsigte van gesinspolitiek verdedig het. In haar boek "Das Prinzip Arche Noah. Warum wir die Familie retten müssen" [Die beginsel van Noag se Ark. Waarom ons die gesin moet red.], vra Herman dat die eenheid van die gesin en moederskap herstel moet word.
