Weerdiens veroorsaak chaos met Engels

‘n Berig in Beeld het gister internetlesers op hol gehad. Duisende mense in Gauteng het die pad huistoe gistermiddag vroeg aangedurf om die komende storm waaroor die koerant gewaarsku het, te ontkom.

Volgens Elise Tempelhoff sou "buitengewone swaar storms" die Gautengprovinsie gister tref. Hierdie inligting was afkomstig van mnr Kevin Rae van die Suid-Afrikaanse Weerdiens. Sms’e is daarna rondgestuur om te waarsku oor die dreigende "tornado". Bekommerde internetgebruikers kon egter nie toegang verkry tot die Weerdiens se webbladsy nie omdat dit oorlaai was met navrae.

‘n Woordvoerder van die Weerdiens het gister op die 19:00 Afrikaanse TV-nuusuitsending in verwronge Engels gesê dat verwoestende storms slegs ‘n uur voor die tyd bekend gemaak kan word. Die senior weervoorspellingsbestuurder, Mnikeli Ngabambi, het nietemin gistermiddag teen 17:30 herhaal dat kwaai storms steeds vir Gauteng verwag word.

Die vermoede bestaan dat die chaos wat gistermiddag geheers het te wyte was aan die gebrekkige taalgebruik by die Weerdiens se werknemers en ‘n onvermoë om hulself verstaanbaar te maak in hul gekose taal van kommunikasie, naamlik Engels.

палатка купитьлобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae