Altesaam 10 werknemers van Rainbow Chicken is ernstig beseer toe ‘n petrolbom in die Zinniaville-nywerheidsgebied in Rustenburg na die bus geslinger is waarin hulle gery het, het die polisie Woensdag gesê. ‘n Groep mense, na bewering stakende werkers van Rainbow Chicken, het ‘n petrolbom na die bus geslinger. Die bus het glo Dinsdagaand 63 Rainbow-werkers
Anti-Afrikaanse front betoog by Grondwethof
‘n Anti-Afrikaanse front gaan na verwagting vandag ‘n plakaatbetoging hou by die Grondwethof in Johannesburg, waar ‘n belangrike saak oor skooltoelating aangehoor gaan word. Dit is nie bekend wie die hoofaanstigter befonds nie. Die regsgroep “Section 27”, ouers van Fochville in Noordwes en Cosatu sal aan die betoging deelneem. Die hof sal die saak aanhoor
Politieke inmenging vernietig Afrikaans
“Die Vryheidsfront Plus maak ernstige beswaar teen die politieke inmenging van die ANC-regering by universiteite aangesien dit standaarde verlaag,” sê mnr. Pieter Groenewald, parlementêre leier van die Vryheidsfront Plus. Mnr. Groenewald het vandag tydens die parlementêre begrotingsdebat oor hoër onderwys en opleiding ook ‘n skerp aanval gedoen op die minister van hoër onderwys, mnr. Blade
Nog ‘n Midvaal in Swellendam?
Die ANC verwelkom die uitspraak deur die Wes-Kaapse hooggeregshof wat bevind het dat die inmenging in die Swellendam-munisipaliteit ongeldig was en het ‘n beroep op die DA gedoen om die groter belang van die mense van hierdie gebied te dien en die DA-raadslede se dwarsboming van samewerking in die dorp dadelik stop te sit. Die
EU-president trek die streep vir Angelsaksers
Die president van die Europese Kommissie het gesê fiskale unie in die eurosone sal lei tot “verhoogde politieke unie” vir die 27 lidlande. “Dit is nie alleen oor ekonomiese en monetêre unie nie, maar vir die EU as ‘n geheel,” het Jose Manuel Barroso dié week gesê. “Die kommissie sal dus sy sienings en eksplisiete
Britte kraai oor SKA-triomf
Die SKA-teleskoop se hoofkwartier is nie in Suid-Afrika nie, maar by die Universiteit van Manchester se Jodrell Bank in die Verenigde Koninkryk. Dié internasionale projek is aan Suid-Afrikaners voorgehou as ‘n Suid-Afrikaanse triomf. Verlede jaar is aangekondig dat Suid-Afrika en Australië die gashere van die €2 miljard teleskoop sal wees, wat sal bestaan uit duisende
Marikana: Wit polisieman moet blaam dra
Mynwerkers wat by Lonmin se Marikana-myn in hegtenis geneem en beseer is, sal aanvoer dat die wit hoof van die polisie se taktiese span met hul kollegas se dood verbind word, het die Farlam-kommissie van ondersoek Dinsdag gehoor. Adv. Dali Mpofu, namens beseerde mynwerkers en dié wat in hegtenis geneem is, het maj. genl. Charl
Grensbeamptes wat duisende deurlaat, vas
Nege polisiebeamptes en sewe ander mense is Dinsdag vir bedrog en korrupsie by die Caledonspoort-grenspos in hegtenis geneem, het die Valke gesê. Volgens kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, was ses uit die sewe immigrasie-beamptes en een ‘n beampte van die departement van gesondheid. Die beamptes het mense van Lesotho sonder die nodige dokumente
Trompsburgmoordenaars kry lewenslank
‘n Tweede man is Dinsdag in die Bloemfontein-hooggeregshof twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op ‘n Vrystaatse boer en sy vrou. Regter Albert Kruger het Nkululeko Mvumvu (26), van Trompsburg, een lewenslange vonnis vir elk van die moorde opgelê. Mvumvu het Johannes Fourie (71) en sy vrou Cecelia (72) verlede jaar op hul plaas
Trompsburgmoordenaars kry lewenslamk
‘n Tweede man is Dinsdag in die Bloemfontein-hooggeregshof twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op ‘n Vrystaatse boer en sy vrou. Regter Albert Kruger het Nkululeko Mvumvu (26), van Trompsburg, een lewenslange vonnis vir elk van die moorde opgelê. Mvumvu het Johannes Fourie (71) en sy vrou Cecelia (72) verlede jaar op hul plaas
