ANC ondersoek aanval op Wes-Kaap se partyvoorsitter

Die ANC sê die mislukte aanval op Marius Fransman, voorsitter van die party in die Wes-Kaap, sal ondersoek word. Phillip Dexter, provinsiale woordvoerder, het in ‘n verklaring gesê die party sal stappe neem teen die skuldiges. Die Cape Times het verlede week berig dat sowat 50 inwoners van Oudtshoorn in die Wes-Kaap, die openbare politieke

Lees verder: ANC ondersoek aanval op Wes-Kaap se partyvoorsitter

Student in Zille se kantoor doogeskiet

‘n 18-jarige student in die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se kantoor, en sy vriendin is doodgeskiet, is Dinsdag berig. Jarryd Manuel en sy 19-jarige vriendin, Megan Hendricks, is Saterdagaand buite sy ma se huis in Delft doodgeskiet, berig die Cape Argus. Kapt. Frederick van Wyk het aan die koerant gesê ‘n 19-jarige man is in

Lees verder: Student in Zille se kantoor doogeskiet

Nog ‘n Britse kindermolesteerder vas

Die bekende Britse komediant Jimmy Tarbuck het die jongste glanspersoonlikheid geword om in verband met die seksuele mishandeling van kinders in hegtenis geneem te word, het die media Dinsdag berig. Die polisie in North Yorkshire het bevestig dat ‘n 73-jarige man in Kingston upon Thames op 26 April in hegtenis geneem is. Die Daily Mail

Lees verder: Nog ‘n Britse kindermolesteerder vas

Meisie kort voor 21ste geskiet vir selfoon

Die twintigjarige meisie van Centurion, wat voor haar suster doodgeskiet is vir ‘n selfoon, sou verlede week haar 21ste verjaarsdag gevier het. Nadine Prinsloo wat verlede week vermoor is, sou Saterdag wat verby is, haar 21ste verjaarsdag vier, het haar gesin gesê. Nadine is deur twee gewapende rowers in haar kop geskiet nadat sy, haar

Lees verder: Meisie kort voor 21ste geskiet vir selfoon

Bye verlaat Laeveld

Byeboere is bekommerd oor die verdwyning van bye in die Laeveld. Heuningbye vind Mpumalanga nie meer aantreklik nie. Só is gesê tydens ‘n vergadering verlede week by die Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse (ITSG). Belangrike rolspelers het, volgens die vergadering-leier, mnr. Fred Bence, op 23 April die toestand van heuningbye onder die loep geneem.

Lees verder: Bye verlaat Laeveld

Denel naarstiglik op soek na breinkrag

Die Suid-Afrikaanse wapenvervaardiger Denel probeer sy bes om belowende studente en gegradueerdes te lok om ‘n loopbaan in die verdediging- of veiligheidsektor te oorweeg, het dié maatskappy se hoof van menslike hulpbronne gesê. “Ons wil ‘n dinamiese omgewing skep waar die beste en slimste studente kies om loopbane in verdediging en veiligheidsverwante sektore soos lugvaart,

Lees verder: Denel naarstiglik op soek na breinkrag

Wit Afrikaanse Stellenbosch in sy swernoot

Na ‘n raadsvergadering het die rektor, Russel Botman, op 29 April hoogs ingenome die einde van die Universiteit Stellenbosch (US) as ‘n respektabele akademiese inrigting aangekondig; ten minste by implikasie. Kyk die video op die US-webwerf. In die universiteitsraad was daar klaarblyklik min teenstand teen Botman se voorgestelde politiek-gemotiveerde veranderings. Sy transformasieplan is goedgekeur. Soos

Lees verder: Wit Afrikaanse Stellenbosch in sy swernoot

SA werkloosheid klim kwaai

Die getal werklose Suid-Afrikaners het in die vierde kwartaal van 2012 met 100 000 mense gestyg tot 4,6 miljoen, het Statistiek Suid-Afrika Maandag verklaar. Statistiek Suid-Afrika het sy kwartaallikse arbeidsmagopname bekend gemaak. Die land se amptelike werkloosheidsyfer staan tans op 25,2%, wat met 24,9% in die vierde kwartaal van 2012 vergelyk. Statistiek Suid-Afrika se amptelike

Lees verder: SA werkloosheid klim kwaai