Mynwerkers wat by Lonmin se Marikana-myn in hegtenis geneem en beseer is, sal aanvoer dat die wit hoof van die polisie se taktiese span met hul kollegas se dood verbind word, het die Farlam-kommissie van ondersoek Dinsdag gehoor.
Adv. Dali Mpofu, namens beseerde mynwerkers en dié wat in hegtenis geneem is, het maj. genl. Charl Annandale, hoof van die taktiese span, kruisondervra.
“Een van die goed wat ons sal aanvoer is dat jy, Annandale, ‘n groot rol gespeel het in die gebeure wat tot die Marikana-slagting gelei het,” het hy gesê.
Altesaam 34 stakende mynwerkers is doodgeskiet en 78 beseer toe die polisie naby Lonmin se Marikana-myn begin skiet het.
Tien mense, insluitend twee polisiebeamptes en twee sekuriteitswagte, is die vorige week naby die myn dood.
