Onttrekkings by kitsbanke het in April 2013 met 0,73% afgeneem, het Spark ATM Systems Maandag gesê. Kontankonttrekkings was effens minder as tydens die Maart-vakansietydperk, maar was 6,01% meer as dieselfde maand verlede jaar, het die maatskappy gesê. Die gemiddelde bedrag wat kitsbankgebruikers onttrek het, is volgens ‘n ontleding van kontantonttrekkings by 2 000 kitsbanke R461,65.
Werk by Lonmin hervat na rand val
Werk by al 13 skagte van Lonminmyn in Marikana in die Noordwes is hervat. Die stakende werkers het laat Woensdag ‘n onwettige staking van twee dae beëindig en bedrywighede is dieselfde aand hervat. Die staking het tot ‘n einde gekom nadat Joseph Mathunjwa, president van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), Woensdag meer
Mediakonferensie kom binnekort oor Gupta-verslag
Die ministers van justisie, misdaadvoorkoming- en veiligheid sal binnekort ‘n nuuskonferensie hou om die uitslag van die ondersoek na die ongemagtigde landing van ‘n private straler op die Waterkloof-lugmagbasis bekend te maak. Phumla Williams, woordvoerder van die regering, het gesê die groepering is daartoe verbind om te verseker dat streng maatreëls getref word om ‘n
Lees verder: Mediakonferensie kom binnekort oor Gupta-verslag
Twee wat Mpofu aanval, vasgetrek
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die aanranding van adv. Dali Mpofu in Oos-Londen, het die polisie in die Oos-Kaap Woensdag gesê. Die twee, wat beide 23 jaar oud is, is Dinsdag in Cambridge in hegtenis geneem, het brig. Phuti Setati gesê. Die polisie het daarin geslaag om beslag op die [beweerde]
Gupta-uitnodiging deur bomeenheid opgeblaas
Noordwes-polisiebeamptes het ‘n uitnodiging na Vega Gupta se uitspattige troue opgeblaas omdat hulle gedink het dis ‘n plofbaar. The Star berig die uitnodiging was aan die provinsiale polisiekommissaris, lt.kol. Merriam Mbombo, gerig. Brig. Thulani Ngubane het aan die koerant verduidelik dat die pakkie verdag gelyk het. “Ons het die uitnodiging gekry, maar Mev. Mbombo het
Disqus-kommentaar is terug op PRAAG-webwerf
Geagte leser, ons het die Disqus-stelsel op die PRAAG-wewerf weer aangeskakel, ná vele versoeke van ons lesers. Die afgelope tyd het ons hoofsaaklik op Facebook en Twitter gesprek gevoer, maar onlangse berigte dui daarop dat Facebook al hoe meer sensuur oor alternatiewe media wil toepas. Daarom is die Disqus-gespreksforum van wesentlike belang om die gesprek
Swart verdagte aangekeer vir New Orleans-skietery
Die polisie het ‘n 19-jarige swartman as ‘n verdagte geïdentifiseer in die skietery tydens ‘n Moedersdagparade in New Orleans, in die VSA. Die polisie sê verskeie mense hom as die gewapende man geïdentifiseer wat op kringtelevisie-beeldmateriaal gesien kan word. Altesaam 19 mense is gewond in die skietery Sondag. Supt. Ronal Serpas het laat Maandag gesê
Lees verder: Swart verdagte aangekeer vir New Orleans-skietery
Menseregteorganisasie veroordeel Siriese rebelle vir kannibalisme
Human Rights Watch sê die man in ‘n video wat ‘n Siriese soldaat se hart uitsny en eet, is ‘n lid van ‘n rebellegroep in die sentrale Homs-provinsie. “Dit is nie genoeg vir Sirië se opposisie om sulke gedrag te veroordeel of dit op geweld deur die regering te blameer nie,” het Nadim Houry, adjunk-direkteur
Lees verder: Menseregteorganisasie veroordeel Siriese rebelle vir kannibalisme
Britse pedofiel kry lewenslank
‘n Britse man is Dinsdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n 12-jarige meisie seksueel aangerand en vermoor het. Hy het haar lyk daarna in die solder van die huis wat hy met haar ouma gedeel het weggesteek. Stuart Hazell (37) is in Londen se Old Bailey-hof tot ‘n minimum van 38 jaar tronkstraf gevonnis
Bruin woonbuurt beleef dwelmkrisis
Die dwelmprobleem in Eldoradopark, ‘n bruin woonbuurt suid van Johannesburg, het “abnormaliteit” bereik, het pres. Jacob Zuma Dinsdag gesê. “Ek het die brief gelees en ek was geskok. Die graad van die probleem en die beskrywing is ongehoord… hierdie is ‘n krisis, ‘n abnormaliteit,” het Zuma aan inwoners gesê tydens ‘n besoek aan die gebied.
