Om een of ander rede het ons geslag so half en half met die houtlepel in die een hand en die Kook en Geniet in die ander hand groot geword. Kosmaak was vir ons so amper tweede natuur. Veral meisies moes sommer so van speenoud af die geheime van bak en brou ken.

Gister op 18 Julie, soos by vele ander geleenthede, is ons deur sowel die staat as die Suid-Afrikaanse media in kennis gestel dat Rolihlahla Mandela, andersins bekend as Nelson, ‘n soort Christus of Mohammed van ons tyd sou wees.