Moslems waarsku ANC

Die Moslem Regsraad het die ANC gewaarsku dat hulle die rampspoedige gevolge van hulle besluit om van die Weskaapse premier Rasool ontslae te raak sal dra in die volgende verkiesing in 2009.

Die ANC se uitvoerende komittee het Rasool afgedank nog voor die einde van sy vyf-jaar termyn.

MRR president Maulana Igsaan Hendricks sê Rasool het 'n onbetwisbare, uitstaande en ongeëwenaarde beroepsrekord.

Hy het bygevoeg dat Rasool stabiliteit en aansien na die provinsie teruggebring het. Hy het ook internasionale verhoudinge bewerkstellig wat ekonomiese groei en beleggings gestimuleer het.

воронеж траверсыпрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae