Nuwe bevindings verklaar waarom Vigs Afrika harder as ander wêrelddele getref het.
Navorsers sê 'n geenvariant wat duisende jare na vore gekom het om swartes teen malaria te beskerm moontlik hul kwesbaarheid vir MIV verhoog het.
Mense met die geen het 'n 40 persent hoër risiko om met MIV besmet te word, beweer die tydskrif Cell Host & Microbe.
Die geenvariant mag 11 persent van MIV-besmettings in Afrika verklaar.
Seksuele en kulturele gedrag alleen kan nie verklaar waarom meer as tweederdes van MIV-besmette in Afrika suid van die Sahara woon nie.
