Dit is slegs twee weke sedert sy herverkiesing, en sy tweede termyn skop oor twee maande af, maar Barack Obama het alweer ‘n aap van homself gemaak op die wêreldtoneel. Sy soort foute sou op die voorblad van The New York Times gepleister gewees het as hulle deur George W. Bush gemaak was. Obama se
Gyselaardrama by Mangaung-gevangenis
Onderhandelaars het nog Maandagaand laat gepoog om twee gevangenes by die Mangaung- korrektiewe sentrum te probeer oorreed om ‘n dokter vry te laat. Brig. Billy Jones het gesê die gevangenes het teen 22:00 nog die dokter gyselaar gehou. “Die onderhandelings duur voort,” het hy gesê. Die Mangaung-maksimumsekuriteit-tronk buite Bloemfontein, word privaat bedryf deur die sekuriteitsmaatskappy
Opposisie wil hof nader om wantroue-mosie
Die Hooggeregshof in Kaapstad sal Dinsdag ‘n dringende hofaansoek deur opposisiepartye aanhoor om die speaker van die Nasionale Vergadering, Max Sisulu, te dwing om ‘n debat te hou oor die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma. Die aansoek vir die dringende interdik is Vrydag deur die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, namens ‘n
Petrolprys kan skerp daal
‘n Ekonoom het aan East Coast Radio gesê die prys van petrol sal waarskynlik volgende maand “aansienlik” verminder. Dawie Roodt het aan die radiostasie gesê die petrolprys sal moontlik met omtrent 40 c per liter verlaag as gevolg van die onlangse daling in die internasionale olieprys. Dit kom nadat petrol vandeesmaand 10c per liter goedkoper
Versoening sonder ewewigtigheid?
Leon Wessels was een van die drie hoofonderhandelaars van die NP wat so sleg ore aangesit is deur die ANC tydens die grondwetlike onderhandelings. Die ander twee was Roelf Meyer en Dawie de Villiers. Die drie hoofonderhandelaars van die ANC was Cyril Ramaphosa, Joe Slovo en Mac Maharaj (Hermann Giliomee, Die Laaste Afrikanerleiers, p 389).
Reddy het geld geleen vir Nkandla
Die Durbanse sakeman Vivian Reddy, was op ‘n stadium persoonlik betrokke in die befondsing van president Jacob Zuma se Nkandla-huis, en het Sondag te midde van bewerings dat die president dalk die Parlement mislei het toe hy beweer het dat hy ‘n lening het om die ontwikkeling te finansier van die uitgestrekte residensiële kompleks, tot
Opposisie kla oor misleiding van Nkandla-huisverband
Opposisiepartye het uitgevaar teen president Jacob Zuma oor wat hulle bestempel as die misleiding van die Parlement oor die huisverband wat hy, volgens hom, op sy huis op Ndlanda in KwaZulu-Natal het. Die DA se Parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het gewaarsku teen ernstige gevolge indien Zuma wel die Parlement oor ‘n huisverband op sy privaatwoning
Lees verder: Opposisie kla oor misleiding van Nkandla-huisverband
Wes-Kaapse onrus eis tweede slagoffer
‘n Tweede persoon is dood gedurende die plaaswerkers se staking in die Wes-Kaap, het die polisie Sondag gesê. Bongile Ndleni, 40, is Saterdagoggend dood aangetref in ‘n huis , Lt-kol. André Traut gesê. “Aanduidings is dat hy Woensdag geskiet is op ‘n plaas in Prince Alfred Hamlet deur individue wat ‘n sekere voertuig gery het.
Elandsdrift: Inwoners se naweek van hel
Die Elandsdrift-hoewe in Muldersdrift waar Jacques Botha (51) dié naweek doodgeskiet is baie naby aan waar die 13-jarige Alyssa Botha en haar 50-jarige buurman, André Jordaan, in September in twee afsonderlike voorvalle doodgeskiet is. Botha is deur ‘n rowerbende vermoor, terwyl sy vrou, Anél (45), en driejarige seuntjie Neo toegekyk het. Dit is die tweede
Tutu pleit vir vrede in MO
Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het partye wat verantwoordelik is vir die onlangse geweld in die Midde Ooste gevra om hul wapens neer te lê. As hulle tot dié stap oorgaan, moet hulle oorweeg dat “diegene wat hulle met sulke minagting behandel, ook kinders van God is”, het Tutu in ‘n verklaring gesê. Die nuusagentskap AP het
