Die ANC in die Wes-Kaap het Woensdag ‘n klag van aanhitsing tot geweld teen die premier van die provinsie, Helen Zille, gelê en voer aan dat sy die onlangse onluste in die Wes-Kaap aangeblaas het. Songezo Mjongile, provinsiale sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, Pierre Uys, provinsiale hoofsweep en Pat Marran, die party se
Die FAK kan en moet ‘n positiewe rol speel
In ‘n artikel “Blomtyd vir Afrikaans” (Beeld, 20 November 2012) skryf Danie Goosen en Danie Langer ‘n bykans volbladartikel oor die veranderde kulturele landskap en nuwe kulturele vennootskappe wat in SA onder nuwe kulturele leierskap voltrek. Opmerklik is die feit dat die kopskrif praat van “Blomtyd vir Afrikaans”, in plaas daarvan “Blomtyd vir die Afrikaner”
Franse kla dat VSA op Sarkozy spioeneer
Die Verenigde State het VSA-Israeliese spioenasie sagteware gebruik om in die Franse presidensiële kantoor in te breek vroeër hierdie jaar, het die Franse kuberoorlogagentskap bevestig, volgens die nuustydskrif L’Express. Die tydskrif het laat Dinsdag berig dat die rekenaars van ‘n paar intieme adviseurs van die voormalige president Nicolas Sarkozy – insluitend die Hoof van Personeel
‘Leerlinge se toegang tot wapens moet beperk word’
Die Gautengse LUR vir Onderwys, Barbara Creecy sal samesprekings voer met haar eweknie vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, om wyses te bespreek om leerlinge se toegang tot polisievuurwapens te beperk. Dit volg ná ‘n skietery vroeër die week by die Phineas Xulu sekondêre skool in Vosloorus aan die Oos-Rand toe ‘n leerling sy ma, wat ‘n
Lees verder: ‘Leerlinge se toegang tot wapens moet beperk word’
Grondwethof die hoogste hof
‘n Langverwagte verandering aan die Grondwet wat die Konstitusionele Hof as die hoogste hof in die land bevestig, is deur die Parlement aanvaar. Die 17de grondwet-wysigingswetsontwerp is met 276 stemme teen 25 aanvaar, ondanks besware deur Cope en die IVP. Ingevolge die wysiging is die hoofregter die hoof van die regbank, wat aanspreeklik is vir
SA-vredesmag in DRK in doodsgevaar
‘n Klein afdeling van die Suid-Afrikaanse vredesmagte is deur swaar gewapende rebelle omsingel, in die stad van Goma, in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), gister. Sowat 300 Suid-Afrikaanse soldate, van die 121 Infanteriebataljon in Mtubatuba, KwaZulu-Natal, is van die meer as 1000 VN-vredestroepe gestasioneer in Goma as deel van die
‘Boere agter geweld en verdeeldheid in Wes-Kaap’
Plaaseienaars in die Wes-Kaap probeer werkers verdeel en moedig xenofobie in die provinsie aan, het Cosatu en Passop Dinsdag gesê. “Ons is geskok dat die plaaseienaars in De Doorns… vandag [Dinsdag] ernstige pogings aangewend het om anargie, xenofobie en gewelddadige verdeeldheid onder die werkersgemeenskap te veroorsaak,” het die twee groepe in ‘n gesamentlike verklaring gesê.
Lees verder: ‘Boere agter geweld en verdeeldheid in Wes-Kaap’
Veiligheidsraad bereik dooiepunt oor Gasa
Die Veiligheidsraad het ‘n dooiepunt bereik Maandag oor ‘n verklaring mbt die Gasa-konflik. Die Verenigde State het gesê hulle is gekant teen enige optrede wat pogings om ‘n wapenstilstand te bereik, kan ondermyn. Rusland het egter gewaarsku dat tensy ‘n voorgestelde Arabiese verklaring oor die Israel-Hamas vyandelikhede goedgekeur word Dinsdagoggend, hulle sal druk vir ‘n
Landbou het vir goed verander in SA
“Die huidige landboustakings gaan landbou in Suid-Afrika vir altyd verander. Ons gaan in die volgende paar jaar ‘n ingrypende strukturele verandering in landbou sien,” het dr. Pieter Mulder, Adjunk-Minister van Landbou, Bosbou en Visserye op Willomore gesê. Dr. Mulder was die spreker by ‘n landboudag op die Oos-Kaapse Karoodorp. Kommersiële landbouers is nie welsynwerkers nie,
Sesessie is ‘n ‘diep Amerikaanse beginsel’
Ron Paul (R-Texas) het Maandag gesê dat sesessie ‘n “diep Amerikaanse beginsel” verteenwoordig te midde van ‘n groeiende aantal mense wat petisies na die Withuis gestuur het vir hul deelstate om van die VSA af te skei. “Sesessie is ‘n diep Amerikaanse beginsel. Hierdie land is gebore deur selfbeskikking. Sommige het gevoel dit was verraderlik
