‘Leerlinge se toegang tot wapens moet beperk word’

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Barbara Creecy sal samesprekings voer met haar eweknie vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, om wyses te bespreek om leerlinge se toegang tot polisievuurwapens te beperk.

Dit volg ná ‘n skietery vroeër die week by die Phineas Xulu sekondêre skool in Vosloorus aan die Oos-Rand toe ‘n leerling sy ma, wat ‘n lid van die metropolisie is, se dienspistool skool toe gebring het en na bewering ‘n leerling doodgeskiet het.

Die graad 11 leerling is na bewerig herhaaldelik geboelie. Hy is in hegtenis geneem toe hy huis toe gegaan het om die vuurwapen terug te besorg.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae