Bongile Ndleni, 40, is Saterdagoggend dood aangetref in ‘n huis , Lt-kol. André Traut gesê.
“Aanduidings is dat hy Woensdag geskiet is op ‘n plaas in Prince Alfred Hamlet deur individue wat ‘n sekere voertuig gery het.
“Hy is in die hospitaal opgeneem en daarna Vrydagaand ontslaan,” sê Traut.
‘n Moordsaak is geopen en ‘n ondersoek is geloods na sy dood. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
Traut het gesê daar is geen bewyse dat Ndleni as gevolg van polisie-optrede gesterf het nie. Woensdag, het konflik tussen die polisie en betogers gelei tot die dood van 28-jaar-oue trekkerbestuurder Michael Daniels.
‘n Boer is ook beseer toe hy sy bakkie naby na die toneel van die protes wou gaan haal.
Die 82-jarige boer is gehospitaliseer nadat hy beserings op die arms en bene opgedoen het.
