Botha is deur ‘n rowerbende vermoor, terwyl sy vrou, Anél (45), en driejarige seuntjie Neo toegekyk het. Dit is die tweede bloedige aanval in twee dae op dieselfde hoewe, berig Beeld.
Botha se vorige vrou is in 2007 tydens ‘n huisroof in Moreletapark, Pretoria, ten aanskoue van haar dogter en haar man koelbloedig vermoor.
Tanya (22) en haar broer Reinhardt (18) sukkel nog om tot verhaal te kom oor wat Saterdag gebeur het.
In die aanval waarin die ouer Botha-kinders se moeder dood is, is sy en Tanya se kêrel deur ses swartes in Maart 2007 met messe en bakstene aangeval.
Tanya se ma is later in die Pretoria-Oos hospitaal weens bloedverlies oorlede.
Mike Walden (63), ‘n buurman, het die Botha-kiinders se stiefma te hulp gesnel nadat die opsigter nie haar hulprkrete beantwoord het nie. Hulle het die gewonde Botha op ‘n bloederige duvet na sy motor gesleep.
Hy is egter onderweg na die hospitaal dood.
Nog twee inwoners is Vrydagaand deur swartes op die hoewe aangeval. David Carter (25), wat saam met sy ma, Dawn (54), in ‘n ander huis op die hoewe woon, se kamerdeur is afgeskop en hy is met pistole geslaan en met ‘n mes gesteek. Hy het die aanval oorleef.
Volgens Beeld se inligting het vermoedelik dieselfde rowerbende ook ‘n man wat in die pad langs die hoewe gestap het, in die been geskiet en was hulle moontlik later dieselfde aand by ‘n sakerooftog in die gebied betrokke.
Die polisie kon dié inligting nie gister bevestig nie.
