Tutu pleit vir vrede in MO

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het partye wat verantwoordelik is vir die onlangse geweld in die Midde Ooste gevra om hul wapens neer te lê.

As hulle tot dié stap oorgaan, moet hulle oorweeg dat “diegene wat hulle met sulke minagting behandel, ook kinders van God is”, het Tutu in ‘n verklaring gesê.

Die nuusagentskap AP het Vrydag berig dat minstens 22 Palestyne, insluitend 12 militante en ses kinders, en drie Israeli’s dood is in drie dae wat skietgevegte tussen die Israeli-weermag en Gasa-militante. Sewe Palestyne het vroeër vandeesweek in ‘n reeks lugaanvalle gesterf.

Volgens die nuusagentskap het Israel gesê hy bombardeer Gasa uit wraak teen die Islamitiese militante-vuurpylaanvalle.

“Weereens betaal die onskuldige mense van Israel en Palestina met hul bloed om die verdelende en eksklusiewe agendas van die ‘n paar onverdraagsame mense te bevorder,” het Tutu in ‘n verklaring gesê.

“Weereens blameer heethoofde van albei kante mekaar en beweer dat hulle met die goedkeuring van God optree. Weereens staan die wêreld handewringend en toekyk en probeer om die gapende wond met ‘n dun, tydelike pleister van ‘n onbeduidende skietstilstand gesond te maak.”

Tutu het verder gesê permanente vrede in die heilige land sal nie net die mense van Palestina en Israel bevoordeel nie.

“Die konflik daar word in haat en wantroue regoor die wêreld geëggo.”

Tutu het ‘n beroep gedoen op die wêreld – wat deur die Verenigde Nasies gelei word – en invloedryke lande met geopolitieke en ekonomiese belange in die streek om die ontwikkeling van ‘n oplossing vir volhoubare vrede en sekuriteit vir die mense van Israel en Palestina eerste te stel.

“Die volhoubare oplossing moet insluit dat die grond wat onwettig beset word teruggegee word asook die skepping van twee nasiestate, in ‘n proses wat deur vredesmagte van die VN gelei word.”

Данильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae