Franse betoog teen gay-huwelike

Tienduisende mense het in Frankryk betoog teen planne om gay-huwelike te wettig asook kinderaanneming deur mense van dié seksuele oriëntasie.

Die polisie sê minstens 70 000 mense het in Parys hul teenkanting gewys teen die linkse regering se besluit.

Daar was ook optogte in Lyon, Toulouse en Marseille gehou.

Die optoggangers sluit Katolieke groepe en ondersteuners van tradisionele gesinswaardes in.

President Francois Hollande het beloof dat Franse wetgewing gewysig sal word, wat sal toelaat dat gay-pare kan trou, ondanks sterk teenkanting van 1 000 burgemeesters en die Katolieke Kerk.

Die wetsontwerp sal in Januarie in die parlement gedebatteer word.

Frankryk laat reeds burgerlike verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag toe.

Die uitbreiding van gay-regte was een van Hollande se verkiesingsbeloftes voordat hy in Mei as president aangewys is.

topcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae