praag.co.za

Opposisie kla oor misleiding van Nkandla-huisverband

Written by

in

Opposisiepartye het uitgevaar teen president Jacob Zuma oor wat hulle bestempel as die misleiding van die Parlement oor die huisverband wat hy, volgens hom, op sy huis op Ndlanda in KwaZulu-Natal het.

Die DA se Parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het gewaarsku teen ernstige gevolge indien Zuma wel die Parlement oor ‘n huisverband op sy privaatwoning mislei het.

Die leier van COPE, Mosiuoa Lekota, sê ingevolge die Grondwet is dit ‘n baie ernstige oortreding. Zuma het Donderdag aan die Parlement gesê hy betaal nog steeds ‘n verband aan die bank vir die eerste fase van die uitbreidings aan sy huis.

‘n Koerant het vroeër gesê hy kon geen openbare rekord opspoor wat Zuma se bewering staaf dat hy ‘n verband op sy woning op Nkandla het nie.

александр лобановский класс

Comments

Leave a Reply