Gyselaardrama by Mangaung-gevangenis

Onderhandelaars het nog Maandagaand laat gepoog om twee gevangenes by die Mangaung- korrektiewe sentrum te probeer oorreed om ‘n dokter vry te laat.

Brig. Billy Jones het gesê die gevangenes het teen 22:00 nog die dokter gyselaar gehou.

“Die onderhandelings duur voort,” het hy gesê.

Die Mangaung-maksimumsekuriteit-tronk buite Bloemfontein, word privaat bedryf deur die sekuriteitsmaatskappy G4S, in samewerking met die departement van korrektiewe dienste.

Vroeër is berig dat die dokter en ‘n verpleegster Maandagoggend omstreeks 11:00 as gyselaar geneem is

Die verpleegster is vermoedelik ongedeerd vrygelaat.

Die polisie en nooddienspersoneel was kort daarna op die toneel.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae