Regse oorwinning skud Oostenryk

Die sterkste politieke krag in Oostenryk is na afloop van dié naweek se algemene verkiesing beslis die regse partye. Terwyl die linkse media gal braak teen die "neo-fasciste" se oorwinning, het Jörg Haider se Beweging vir Oostenryk se Vryheid verdriedubbel na 11% steun en het die Vryheidsparty se Heinz-Christian Strache se steun na 18% opgeskiet. Hulle staan nou saam op 29%.

Lees verder: Regse oorwinning skud Oostenryk

Hong Kong-aandele daal 6 persent n? verwerping van VS-reddingsplan

07:02:22 Aandele in Hong Kong het binne die eerste minute van verhandeling Dinsdag met 6 persent gedaal in reaksie op die nuus dat

Image

Nagtoneel van Hong Kong

die $700-miljardreddingsplan in Washington deur die Kongres verwerp is.

Lees verder: Hong Kong-aandele daal 6 persent n? verwerping van VS-reddingsplan

Pasop vir gratis anti-virusprogramme

Die IT-sekuriteitsfirma, Sophos, waarsku internetgebruikers om op die uitkyk te wees vir vals anti-virus programme wat afgelaai kan word. 'n Skadelike Trojaanse perd wat lyk soos 'n gratis kopie van die Norton Anti-virus 2008 doen tans die rondte. Wanneer gebruikers die term "gratis anti-virus" op Google soek dan word daar 'n skakel na 'n professionele werf verskaf en die gebruiker word dan daarheen geneem waar die produk dan afgelaai kan word.


Lees verder: Pasop vir gratis anti-virusprogramme

Vrystaat Premier moet bedank: ANC

Daar word verwag dat 'n delegasie van die ANC die Vrystaatse permier, Beatrice Marshoff, gaan vra om te bedank. Die provinsie se segsman, Teboho Sikisi, het bevestig dat Marshoff se bedanking bespreek is gedurende 'n vergadering van die Provinsiale Uitvoerende Komitee.

Lees verder: Vrystaat Premier moet bedank: ANC