09:46:47 ‘n Man en vrou is Woensdag deur gewapende rowers aangehou en van geld en juweliersware beroof, het die Gautengse polisie gesê.
10 gevang vir pensioenbedrog in KZN
08:42:28 Tien mense, waaronder 'n staatsamptenaar en 'n oud-polisieman, is Dinsdag in hegtenis geneem omdat hulle na bewering miljoene rande aan pensioengeld van die departement van maatskaplike ontwikkeling in Kwazulu-Natal verduister het.
DRK moet verduidelik oor LRA-rebelleleiers
09:27:25 Die internasionale hof het Dinsdag aan die DRK gevra wat hulle gedoen het om vier Oegandese rebelle wat in die land skuil en vir oorlogsmisdade gesoek word te arresteer.
Plaas druk op Zimbabwe, s? Zuma aan Afrikalande
07:40:47 Die leier van Suid-Afrika se regerende party het Zimbabwe se regering gekritiseer vir die feit dat hulle die magsdelingsamesprekinge met die opposisie blokkeer.
Lees verder: Plaas druk op Zimbabwe, s? Zuma aan Afrikalande
Die prys van lewe in Sierra Leone
06:02:32 Die jong liggaam lê op 'n geroeste waentjie in 'n hospitaal waarvan die gebou al beter dae gesien het, maar dit is die beste wat die land het. Die vrolike materiaal wat nou haar doodskleed is, was so paar ure terug haar rok gewees, maar dit is Afrika waar lewe nie maklik is nie. Veral in plekke soos Sierra Leone, waar die lewe nog minder werd is as in ander dele van die kontinent.
Politieke herrangskikking: Afrikaner moet realisties wees
18:27:05 Wat Johann Wingard se analise oor die Politieke herrangskikking en Afrikaners betref, kan ek met hom oor bitter min saamstem. Wingard se analise dat "Die stuwende volksgevoel onder diegene wat hulle weer as Boere beskou, sal veroorsaak dat Boere hulle heel gemaklik tot die gesuiwerde ANC-en-VF-Plus-groepering sal wend" bevat vir my die essensie van 'n stuk wat merendeels uit mistastings bestaan.
Lees verder: Politieke herrangskikking: Afrikaner moet realisties wees
Motlanthe reis na Oeganda, Benin
President Kgalema Motlanthe sal Dinsdag na Oeganda reis vir 'n beraad oor ekonomiese streeksontwikkeling. Hy sal Woensdag 'n vergadering van SAOG bywoon, die Oos-Afrika Gemeenskap en Komesa in Kampala.
Franse diewe kraak presidensi?le bankrekening
Die Franse polisie het Dinsdag twee verdagtes aangekeer as deel van ’n ondersoek na wie die rekenaarkrakers is wat in president Nicolas Sarkozy se bankrekening ingebreek het, en onttrekkings daaruit gemaak het.
Digter vervolg in Jordani? weens liefdesverse
16:32:41 Jordanië se vervolging sê die polisie het 'n plaaslike digter in hegtenis geneem omdat hy verse vanuit die Moslems se heilige boek, die Koran, in sy liefdesgedigte opgeneem het.
Nog 11 sterf aan cholera in Zimbabwe
Zimbabwe se staatsmedia berig dat nog elf mense dood is aan 'n nuwe uitbraak van cholera in die noorde van die land.
