Duitsland se President Horst Koehler sê Afrika behoort 'n permanente sitplek in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies te kry.
Nkunda waarsku teen SAOG-vredesmagte
Die Kongo se rebelleleier Laurent Nkunda sê hy sal Afrikavredesbeamptes beveg as hulle steun aan regeringsoldate teen hom verleen, terwyl meer streekstate by die poging aansluit om die konflik te beëindig.
Israel het Arafat vergiftig s? neef
16:04:39 ‘n Familielid van Jasser Arafat het Maandag aangedring dat Israel die Palestynse leier, wat die week vier jaar gelede dood is, vergiftig het.
Rwanda in oproer oor ho? se arrestasie in Duitsland
Die Rwandese regering het Maandag oproepe gedoen vir demonstrasies en protesaksies teen die arrestasie in Duitsland van een van president Paul Kagame se top beamptes.
Lees verder: Rwanda in oproer oor ho? se arrestasie in Duitsland
Ekonomiese krisis knou internasionale kunsmark erg
‘n Groot veiling van meesterstukke het min kopers gehad, wat bevestig het dat die globale finansiële krisis die kunsmark hard getref het.
Lees verder: Ekonomiese krisis knou internasionale kunsmark erg
Nuwe Volkskongres wen blykbaar veld in KZN
Die nuwe Volkskongres (VK) beweer dat hulle in KwaZulu-Natal, ‘n sterk deel van Zuma se steunbasis, begin om veld te wen.
ANC kla oor SABC
Die nuwe ANC-leierskap het die SAUK die leviete voorgelees, aldus media verslae.
‘Babaplase’ in Nigeri
Bure was agterdogtig oor die stilte wat oor die algemeen geheers het by ‘n geboortekliniek, behalwe saans, wanneer daar tekens van lewe was, maar hulle het nooit vermoed dat die plek in die geheim babas geteel het om te verkoop nie.
SAOG-vredesmagte dalk na DRK
Suider-Afrika is gereed om hulp aan die vredesmagte in die DRK te stuur, en ook om vredesmagte te stuur, het die hoof van die streeksblok Sondag gesê.
ANC se gunstelingsangeres sterf
Miriam Makeba, die Suid-Afrikaanse sangeres wat in haar loopbaan 'n simbool vir haar swart landgenote geword het in die stryd teen apartheid, is na wat berig word op 76-jarige ouderdom oorlede.
