Die 37-jarige inspekteur Jaco Botha is gister by 'n OTM in Pretoria in 'n hinderlaag gelei en doodgeskiet deur 'n bende wat met AK47-aanvalsgewere gewapen was.
VN-sekretaris-generaal bekommerd oor Zimbabwe
Die hoof van die VN Ban Ki-moen het gister sy uiterste kommer uitgespreek oor die situasie in Zimbabwe op die vooraand van die komende presidensiële uitklopverkiesing, het sy woordvoerder gesê.
SA rassewaansin peil nuwe dieptes
Kwazulu-Natal nog steeds onder water
Kwazulu-Natal gaan nog steeds gebuk onder vloede en vier mense is tot dusver dood terwyl 500 mense dakloos gelaat is. Sommige inwoners moes van die dakke van huise met bote en waterponies gered word.
Obama stook rassegevoelens in Frankryk op
Volgens die Franse koerant Le Monde, begin 'n nuwe rassebewussyn voelbaar in Frankryk raak.
Iran verwerp kernkragvoorstel
'n Kernkragvoorstel deur die vyf permanente lede van die Verenigde Nasies-veiligheidsraad tesame met Duitsland het Sondag geen formele reaksie van Iran ontlok nie.Dooie voel springlewendig
Andries Pieterse van Pretoria is vroeër vanjaar meegedeel dat hy sedert Kersfees oorlede is en hy weet ook nie waaraan nie. Pieterse, 63, sê hy het skoon aardig gevoel toe hy vertel is. Hy woon in Uncle Ben's Den in Hermanstad, 'n tuiste vir bejaarders en mense wat spesiale versorging benodig.
Eerste wettige huwelik van dieselfde geslag in Kaliforni
Kalifornië het vandeesweek sy eerste wettige huwelik tussen mense van dieselde geslag gesluit.
Lees verder: Eerste wettige huwelik van dieselfde geslag in Kaliforni
SA Poskantoor deur Amazon geswartlys
Die hoë voorkoms van diefstal van die Suid-Afrikaanse Poskantoor het veroorsaak dat die Amerikaanse internetkleinhandelaar Amazon alle lewerings per pos na die land gestaak het.
Bygewerkte Firefox probeer w?reldrekord opstel
Bedieners het gister in duie gestort toe miljoene mense van regoor die wêreld probeer het om die nuwe weergawe van die gratis webblaaier Firefox af te laai.