Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Ban Ki-moen het gister belowe om te bemiddel in die politieke krisis in Zimbabwe. Hy het bygevoeg dat die verkiesing wat internasionaal verwerp word, implikasies vir die hele Afrika het.
Amerikaanse firmas vir foltering gedagvaar
Vier Irakiërs het gister in Istanboel aangekondig dat hulle twee Amerikaanse firmas en hul werknemers gaan dagvaar omdat hulle na bewering vyf jaar gelede deur hulle in die berugte Abu Ghraib-gevangenis in Bagdad gemartel is.
Federer en Nadal dring deur na Wimbledon-kwarteindronde
Roger Federer het sy Aussi-uitdager Lleyton Hewitt gister gewen om na die kwarteindronde deur te dring waar hy Mario Ancic sal ontmoet. Die nommer een gekeurde speler se telling teen Hewitt was 7-6, 6-2, 6-4.
Lees verder: Federer en Nadal dring deur na Wimbledon-kwarteindronde
Blanke egpaar in Zimbabwe aangeval
'n Blanke boere-egpaar is in Zimbabwe aangeval en beseer. Hulle is Sondag deur swaar gewapende mans van hul plaas in die Chegutu-distrik ontvoer.
VSA wil strenger sanksies teen Zimbabwe h
Die Verenigde State is van plan om die VN aan te spoor tot meer omvattende sanksies teen Zimbabwe.
Olieprys skep ook politieke vrae vir Afrikaners
By die vele debatte wat daar tans in Afrikanergeledere woed, duik die vraag dikwels op of ons langer aan die 1910-staat van Suid-Afrika lojaal moet wees en of ons nie eerder 'n kleiner gebied in die Noordkaap, Suidkaap, aan die Weskus of rondom Pretoria en die Oostransvaal moet nastreef nie.
Lees verder: Olieprys skep ook politieke vrae vir Afrikaners
Weerstandsvlak vir ru-olie op $140 nou gebreek
Wêreldoliepryse het vanmore deur die vlak van $142 beweeg.
Ellispark se naam verander
Ellispark gaan nie langer Ellispark wees nie.
Kurt Darren sing op die maat van Britse propaganda
Die orgie van Britse selfvoldaanheid verlede week toe Nelson Mandela soos 'n tweede Here Jesus in Londen rondgeparadeer is, toon duidelik in watter mate Brittanje heeltemal in sy skik is met die huidige bestel in Suid-Afrika. Nie net word Afrikaners en ander blankes stelselmatig deur regstellende aksie uit die land verdryf nie, maar ons word ook in ons huise aangeval, beroof en vermoor.Lees verder: Kurt Darren sing op die maat van Britse propaganda
