Kapers het 'n motoris kaal uitgetrek en hom langs die pad in Rietgat gelaat, het polisie gesê. Inspekteur Sello Mangena het gesê die motoris is deur drie kapers aangeval toe hy stilgehou het by 'n stopstraat op die Winterveldpad omstreek 3 uur die oggend. Hulle het hom met vuurwapens gedreig en in sy motor geklim,
KVP s? niks oor Mlambo-Ngucka-gerug
Die KVP het nie verder uitgebrei oor gerugte dat voormalige adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka op die punt was om by die wegbreekparty aan te sluit nie. Woordvoerder Phillip Dexter het Maandag net gesê: "Ons verwelkom enige iemand wat wil aansluit." Sondag het 'n ander KVP-woordvoerder gesê dat onderhandelinge vir haar om aan te sluit "langer neem
Brandstigters steek Oos-Kaapse skool aan die brand
Brandstigters het 'n Oos-Kaapse skool aan die brand gesteek en drie klaskamers en 'n laboratorium vernietig, het die polisie Maandag gesê. Superintendent Tembinkosi Kinana het gesê die brand by die skool in King Williams Town is Sondagmiddag omstreek 4 uur begin. Brandondersoekbeamptes van Port Elizabeth was Maandag op die toneel, het hy gesê. Hy
Lees verder: Brandstigters steek Oos-Kaapse skool aan die brand
VSA gebruik Britse wapenfabriek vir kernnavorsing
Die Amerikaanse weermag het Brittanje se kernwapenfabriek gebruik om navorsing te doen op sy eie kernplofkopprogram, volgens die Britse Guardian. Amerikaanse verdedigingsbeamptes het gesê dat baie waardevolle navorsing gedoen is op plofkoppe by die KernwapenInstituut by Aldermaston in Berkshire as deel van 'n volgehoue, geheime ooreenkoms tussen die Britse en Amerikaanse regerings. Die ministerie van
Lees verder: VSA gebruik Britse wapenfabriek vir kernnavorsing
Mugabe en Tsvangirai kom goed oor die weg
Dit kom voor asof Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai "goed oor die weg kom" noudat die tyd aangebreek het dat hulle regering van nasionale eenheid op die been kom, het Suid-Afrika se president Kgalema Motlanthe Sondag aan media gesê. "Dit lyk of hulle redelik goed oor die weg kom," het Motlanthe gesê van die twee
Johannesburgse metropolisie hou aan met onwettige staking
Johannesburgse metropolisiebeamptes het belowe om Maandag voort te gaan met hulle staking, ten spyte daarvan dat die arbeidshof die staking onwettig verklaar het. "Sover dit ons betref is die staking nog nie verby nie," het Samwu-woordvoerder Dumisani Langa gesê. Hy het gesê die metropolisie sal by Beyers Naudeplein in sentraal-Johannesburg vergader om hulle eise bekend
Lees verder: Johannesburgse metropolisie hou aan met onwettige staking
Spraakvryheid in Brittanje
Britte stem oor die algemeen saam dat rassisme sleg is en dat dit verkeerd is om rassistiese opmerkings te maak. Maar daar is geen nasionale konsensus oor presies wat dit beteken nie. Neem die verwysings na "gollliwogs" of "Paki's". Beide terme is onlangs in Brittanje gebruik deur beroemde mense in berugte insidente. Maar hoewel die
Zimbabwe mag dalk die rand aanneem ? Motlanthe
Suid-Afrika se president, Kgalema Motlanthe, het Sondag gesê dat Zimbabwe, wat gekortwiek word deur rekordinflasie dalk die Suid-Afrikaanse rand as standaardgeldeenheid kan aanvaar. "Ons moet hulle help sodat die koalisieregering kan werk," het Motlanthe gesê in 'n onderhoud met die SAUK, met verwysing na die magsdelingsooreenkoms tussen president Robert Mugabe en die aangewese eerste minister
Rapport is ‘n blad vir ‘Suid-Afrikaners en Afrikane’
Liza Albrecht het vir Tim du Plessis as redakteur van Rapport vervang. Nóg 'n blanke manlike Afrikaner is dus terloops vervang; etnies gesuiwer uit 'n bestuurspos, maar dié keer nie deur die gewone verdagtes soos die ANC-beheerde staatsdiens nie. Nee, dit was sommer ánder Afrikaanssprekende blankes (ek huiwer om hulle Afrikaners te noem) – Naspers. Het Tim se rigtingverandering nadat sy seun die plesiere van regstellende aksie eerstehands ervaar het, te veel vir die ideologiese meesters by Naspers geword?
Liza Albrecht het vir Tim du Plessis as redakteur van Rapport vervang. Nóg 'n blanke manlike Afrikaner is dus terloops vervang; etnies gesuiwer uit 'n bestuurspos, maar dié keer nie deur die gewone verdagtes soos die ANC-beheerde staatsdiens nie. Nee, dit was sommer ánder Afrikaanssprekende blankes (ek huiwer om hulle Afrikaners te noem) – Naspers. Het Tim se rigtingverandering nadat sy seun die plesiere van regstellende aksie eerstehands ervaar het, te veel vir die ideologiese meesters by Naspers geword?
Lees verder: Rapport is ‘n blad vir ‘Suid-Afrikaners en Afrikane’
ANK- en KVP- lede raak slaags
Sewe lede van die KVP (Kongres van die Proletariaat) is beseer ná 'n aanval deur 'n groep van 80 mense by 'n vergadering in Kou-Gamma in die Oos-Kaap. Die party se Kou-Gamma-voorsitter, Tertius Kritzinger, het gesê die groep wat die KVP aangeval het, het uit ANK-lede bestaan. "Omtrent 120 KVP-lede is soos honde aangeval deur
