Brandstigters steek Oos-Kaapse skool aan die brand

Brandstigters het 'n Oos-Kaapse skool aan die brand gesteek en drie klaskamers en 'n laboratorium vernietig, het die polisie Maandag gesê.

Superintendent Tembinkosi Kinana het gesê die brand by die skool in King Williams Town is Sondagmiddag omstreek 4 uur begin.  

Brandondersoekbeamptes van Port Elizabeth was Maandag op die toneel, het hy gesê.

Hy het nie geweet of die skool Maandag oop is, of waar leerlinge gaan klasloop nie.

firestormДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae