Personeel by die McCord-hospitaal in KwaZulu-Natal het kennisgewings ontvang dat die hospitaal in Maart gaan sluit, berig die Sunday Times. Dít volg ná die provinsiale departement van gesondheid se aankondig dat hy nie meer jaarliks die hospitaal van ‘n subsidie sal voorsien nie. “McCord het nie ‘n aanduiding ontvang dat sy befondsing hernu gaan word
Oorlog is ‘n videospeletjie vir Harry se vlytige duime
Brittanje se prins Harry het moontlik ‘n “geestesversteuring opgedoen”, het die Taliban Dinsdag gesê. Dit volg nadat hy ‘n vergelyking getref het tussen die doodskiet van rebelle in Afganistan en videospeletjies. “Daar is 49 lande wie se magtige weermagte onsuksesvol is in die geveg teen die mujahidien en nou kom hierdie prins en vergelyk hierdie
Lees verder: Oorlog is ‘n videospeletjie vir Harry se vlytige duime
Israel stem, waarskynlik regs
Miljoene mense het gister in Israel se algemene verkiesing gestem met Benjamin Netanyahu wat hoop om vir ‘n derde termyn as Eerste Minister herkies te word. Verkiesingsbeamptes sê die kiesersopkoms was bykans 50 persent, wat heelwat hoër is as tydens die vorige verkiesing drie jaar gelede. Meningspeilings dui daarop dat Netanyahu se regse-alliansie sal wen,
VF+ hou ANC vir geweld in Vrystaat verantwoordelik
Die Vryheidsfront Plus hou die ANC in die Vrystaat verantwoordelik vir die gewelddadige onrus in die Vrystaat. Die ANC-regering in die Vrystaat het nie die vermoë om die onrus in die Vrystaat te hanteer en te beheer nie. Die Vrystaate regering beplan om die twee munisipaliteite Metsimaholo (Sasolburg, Oranjeville, Deneysville) en Ngwathe (Parys, Heilbron, Koppies,
Lees verder: VF+ hou ANC vir geweld in Vrystaat verantwoordelik
De Doorns: Vakbond sê geen afdankings
Ongeveer 1 500 stakende loonarbeiders sal die week na verwagting na hul werk in De Doorns terugkeer, het die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) gesê. Katishi Masemola, sekretaris-generaal, sê die vakbond het ‘n beroep op werkers gedoen om terug werk toe te gaan, in die gees van voortdurende onderhandelinge vir ‘n hoër daaglikse loon.
Onderneming om vervalste dokumente te verskaf
Die polisie in die Oos-Kaap het op ‘n onderneming in Mthatha toegeslaan wat regeringsalarisstrokies, identiteitsdokumente en matrieksertifikate vervals, het ‘n woordvoerder Dinsdag gesê. Kol. Mzukisi Fatyela het gesê die Bears-meubelwinkel het die polisie genader nadat personeel agterdogtig geraak het toe ‘n 39-jarige vrou ‘n rekening wou open. Ná ‘n ondersoek is vasgestel dat sy werkloos
ANC veroordeel Sasolburg-geweld
Die ANC het Dinsdag die plundery en geweld tydens ‘n betoging in die Zamdela-woonbuurt in Sasolburg veroordeel. “Ons grootste bekommernis is die vlak van kriminele bedrywighede wat plaasvind, insluitend die plundery van winkels,” het Jackson Mthembu, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. “Dit sal nie net sakebedrywighede in die gebied raak nie, maar ook onskuldige inwoners.”
Zille, FNB staan self agter die deur
‘n Suid-Afrikaanse bank het geen amptelike redes verskaf vir waarom hulle ‘n reeks advertensies verwyder het nie en net gesê dat die bedoelings is verkeerd opgeneem. Die nuutste relletjie is ‘n advertensiefoefie wat weereens baie Suid-Afrikaners gevang het. ENB, deesdae FNB, se veldtog Jy kan Help het verlede week in Soweto met ‘n reeks aanlynvideo’s
Geweld tydens stakings eis 181 sedert bevryding
Geweld gedurende stakings het in totaal die lewens van 181 mense die afgelope 13 jaar dood geëis, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) gesê. “Die grootste aantal sterftes het in 1999, 2006 en 2012 plaasgevind – met 30, 69 en 60 sterftes onderskeidelik,” het die SAIRR Maandag in ‘n verklaring gesê. Die sterftes in
Lees verder: Geweld tydens stakings eis 181 sedert bevryding
Onrus brei verder uit in Vrystaat
Dit wil voorkom asof diensleweringsbetogings in die noord-Vrystaat besig is om te versprei nadat daar gister in twee dorpe voorvalle was. Op Hennenman moes die burgemeester van Matjhabeng, Sebenzile Ngangelizwe uit die Phomolong stadion onder polisie-begeleiding geneem word toe betogers die burgemeester en sy gevolg met klippe gegooi het. ‘n SAUK-voertuig is ook onder die
