Israel stem, waarskynlik regs

Miljoene mense het gister in Israel se algemene verkiesing gestem met Benjamin Netanyahu wat hoop om vir ‘n derde termyn as Eerste Minister herkies te word.

Verkiesingsbeamptes sê die kiesersopkoms was bykans 50 persent, wat heelwat hoër is as tydens die vorige verkiesing drie jaar gelede.

Meningspeilings dui daarop dat Netanyahu se regse-alliansie sal wen, maar met ‘n kleiner meerderheid in die parlement.

Die peilings toon ook dat Israel se regerende-koalisie steun afgestaan het aan “Habayit Hayehudi”, oftewel die “Joodse Tuiste”, ‘n party wat nog verder regs is.

Die leier van dié party, Naftali Bennet, is gekant teen die totstandkoming van ‘n Palestynse staat aan die Wesoewer.

Bennet het aan verslaggewers gesê hy verwag goeie uitslae vir sy party.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae