VF+ hou ANC vir geweld in Vrystaat verantwoordelik

Die Vryheidsfront Plus hou die ANC in die Vrystaat verantwoordelik vir die gewelddadige onrus in die Vrystaat. Die ANC-regering in die Vrystaat het nie die vermoë om die onrus in die Vrystaat te hanteer en te beheer nie.

Die Vrystaate regering beplan om die twee munisipaliteite Metsimaholo (Sasolburg, Oranjeville, Deneysville) en Ngwathe (Parys, Heilbron, Koppies, Vredefort en Edenville) saam te voeg as een munisipaliteit. Die VF Plus het by twee geleenthede hierteen by die Afbakeningsraad besware ingedien. Dit maak nie sin om twee probleme in een groot probleem saam te voeg nie. Met die opstande in daardie omgewing blyk dit duidelik dat die gemeenskappe ook nie ten gunste van die samevoeging is nie. Die gemeenskappe besef dat bloot net die samevoeging nie dienslewering gaan verbeter nie, maar net ‘n groter probleem gaan veroorsaak.

Die VF Plus veroordeel ten sterkste die vandalisme en plundery wat met die opstand aan die orde van die dag is. Die ANC moet egter verantwoordelik gehou word vir hierdie onaanvaarbare toestande want hulle skep die frustrasie by die mense op grondvlak.

Die verdeeldheid binne ‘n regerende politieke party mag nooit die oorsaak wees van die verval van wet en orde binne ‘n land of provinsie nie en dit is wat nou in die Vrystaat gebeur.

Die verantwoordelikheid rus nou op die Vrystaatse premier en sy uitvoerende komitee om die griewe van die mense aan te hoor, aandag daaraan te gee, oplossings te vind en wet en orde te handhaaf.

лобановский александр харьков

Maak 'n opvolg-bydrae