De Doorns: Vakbond sê geen afdankings

Ongeveer 1 500 stakende loonarbeiders sal die week na verwagting na hul werk in De Doorns terugkeer, het die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) gesê.

Katishi Masemola, sekretaris-generaal, sê die vakbond het ‘n beroep op werkers gedoen om terug werk toe te gaan, in die gees van voortdurende onderhandelinge vir ‘n hoër daaglikse loon.

“Ons vra dat alle gewillige werkers toegelaat sal word om na hul werke terug te keer, en dat diegene wat op plase woon, toegelaat sal word om na hul wonings terug te keer. Kortliks, geen werkers moet afgedank word nie en alle afdankings moet nietig verklaar word.”

Plaaswerkers in die Wes-Kaap het verlede jaar begin staak en geëis dat hul minimum dagloon van R69 na R150 aangepas word. Die staking is verlede maand opgeskort, maar is amper twee weke gelede in talle dorpe in die provinsie hervat.

Sedertdien het verskeie vakbonde en gemeenskapsleiers teenstrydige oproepe gemaak. Hulle het óf gesê die staking moet opgeskort word óf daarop aangedring dat die protesoptogte moet voortduur totdat boere die eise nakom.

Данильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae