Onderneming om vervalste dokumente te verskaf

Die polisie in die Oos-Kaap het op ‘n onderneming in Mthatha toegeslaan wat regeringsalarisstrokies, identiteitsdokumente en matrieksertifikate vervals, het ‘n woordvoerder Dinsdag gesê.

Kol. Mzukisi Fatyela het gesê die Bears-meubelwinkel het die polisie genader nadat personeel agterdogtig geraak het toe ‘n 39-jarige vrou ‘n rekening wou open.

Ná ‘n ondersoek is vasgestel dat sy werkloos is, maar ‘n regeringsalarisstrokie en -identiteitsdokument, albei vervals, verskaf het.

Die vrou is Maandag in hegtenis geneem en het die polisie na die onderneming in Mthatha geneem waar sy die vervalste dokumente gekoop het.

“Daar was baie salarisstrokies van nasionale en provinsiale regeringsdepartemente, sowel as Umalusi-sertifikate,” het Fatyela gesê.

Volgens Fatyela het die matrieksertifikate goeie simbole gehad.

Nóg ‘n vrou is op die perseel in hegtenis geneem, maar die eienaar was nie ten tye van die klopjag daar nie.

“Nóg mense gaan binnekort in hegtenis geneem word,” het Fatyela gesê.

данильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae