Nóg ‘n man is in hegtenis geneem in verband met ‘n terreurkomplot, is Donderdag berig. Die 31-jarige man sal Donderdag op aanklag van hoogverraad in die Bloemfontein-landdroshof verskyn, berig Volksblad. Voorlopige inligting dui daarop dat die 31-jarige boer van Aberdeen, wat vandeesweek in sy distrik in hegtenis geneem is, verantwoordelik sou gewees het om brandstofopgaartenks
Treinbotsing: R22 miljoen se skade
Altesaam R22 miljoen se skade is aangerig aan die infrastruktuur en treine ná Donderdagoggend se treinongeluk in Kalafong. Die kraglyne bo die treine is ook beskadig. Sowat 300 mense, insluitende skoolkinders, is beseer nadat ‘n trein omstreek 07:00 van agter teen ‘n stilstaande trein gebots het. Die drywer is omstreeks 09:00 per helikopter in ‘n
Breek taalgrense af vir rasse-integrasie, sê Duarte
Jesse Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het die taalkwessie uitgesonder as een van die struikelblokke vir nasiebou, berig Beeld. “Mense voel dat wit Suid-Afrikaners geen poging aanwend om Afrikatale te praat nie. “Daar is woede onder sommige mense daaroor,” het sy in Johannesburg gesê. Duarte was ‘n gasspreker by die Ahmed Kathrada-stigting. Die stigting het
Lees verder: Breek taalgrense af vir rasse-integrasie, sê Duarte
Zille ‘weet nie’ geld is van Guptas
Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag met die sak patats oor skenkings van R400 000 van ‘n vennoot van die Gupta-familie en een van hul maatskappye aan haar party vorendag gekom. Zille het ‘n brief geskyf het wat in The New Age (TNA) gepubliseer is waarin sy Atul Gupta bedank vir ‘n
Kerry neem by Clinton oor
Die senaat in Amerika het met ‘n oorweldigende meerderheid gestem om Senator John Kerry as die land se nuwe minister van buitelandse sake te bekragtig. Hy vervang die uittredende Hillary Rodham Clinton, wat Vrydag haar laaste dag in die Staatsdepartement sal werk. Die veteraan senator van Massachussets is deur sy kollegas in die senaat bekragtig
Koningin Beatrix abdikeer
Op alle fronten zijn dinsdag de voorbereidingen begonnen voor het afscheid van koningin Beatrix en de inhuldiging van Prins Willem-Alexander als koning. ,,Het wordt veel en hard werken, maar het moet zeker kunnen”, zei een woordvoerder van burgemeester Eberhard van der Laan van Amsterdam. De hoofdstad is immers het decor van de troonswisseling en de
Watson glo spyt oor ‘Dutchmen’
Die Southern Kings se Luke Watson het aan die vooraand van die Superrugby-seisoen gesê hy is spyt oor sy neerhalende opmerking teenoor Afrikaners as “Dutchmen”, het Sport24 Dinsdag berig. “Ek is baie jammer dat ek dit kwytgeraak het. Dis een van die dinge in my lewe waaroor ek die meeste spyt is,” het die span
Die politieke amateurs van ENB
Skoolkinders is betaal om negatiewe politieke stellings te maak in video’s wat in Eerste Nasionale Bank (FNB) se omstrede You Can Help-veldtog gebruik is, is Dinsdag berig. The New Age berig dat die kinders voorgeskryf is wat om in die video’s te sê en dat die kinders R3 500 per dag betaal is om daarin
Boer kritiek, voorman sterf in plaasaanval
Die polisie is op soek na die aanvallers van ‘n mielieboer en sy plaasvoorman van Bapsfontein aan die Johannesburgse Oos-Rand, het RSG berig. Die voorman, wie se naam nie bekendgemaak is nie, is koelbloedig doodgeskiet. Die boer, Gert van Wyk, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Volgens ‘n vrou wat op die buurplaas
Swartes van ABO vereer
Die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het ‘n vier meter hoë brons standbeeld op sy terrein bekendgestel om die meer as 12-duisend swartmense te huldig wat die boerekommando’s tydens die Anglo Boere-oorlog bygestaan het. Die direkteur van die museum, Tokkie Pretorius, sê dit is deel van ‘n program om hulde te bring diegene wat by die oorlog
