Die politieke amateurs van ENB

Skoolkinders is betaal om negatiewe politieke stellings te maak in video’s wat in Eerste Nasionale Bank (FNB) se omstrede You Can Help-veldtog gebruik is, is Dinsdag berig.

The New Age berig dat die kinders voorgeskryf is wat om in die video’s te sê en dat die kinders R3 500 per dag betaal is om daarin te verskyn.

Bernice Samuels, bemarkingshoof van FNB, het aan die koerant gesê dit is standaard in die bedryf om mense te betaal wat in ‘n advertensie verskyn.

FNB het verlede week gesê ‘n onafhanklike maatskappy het ‘n opname onder jongmense tussen 10 en 22 jaar oud gedoen om te verstaan wie hulle is en hoe hulle oor Suid-Afrika en die toekoms van die land voel.

Die bank het gesê daar is aan die kinders gesê dat hulle sonder vrees of guns moet praat en dat “ongeskrewe en ongesensorde” video’s, wat in die veldtog gebruik is, uit dié proses gekom het.

Samuels het egter aan The New Age gesê hoewel die onderhoude uit die hart was, is die teks vir die finale advertensie geskryf. Dít is deur die bank se bemarkingspan goedgekeur.

Take Ten Casting het aan die koerant bevestig dat die advertensie “geensins spontaan of ‘n gewone samekoms van jong Suid-Afrikaners was nie,” maar dat elke deelnemer “uitgesoek” is.

FNB het Donderdag met leiers van die ANC, insluitend Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, vergader. Die bank het Vrydag die ANC om verskoning gevra.

лобановский обыск

Maak 'n opvolg-bydrae