Boer kritiek, voorman sterf in plaasaanval

Die polisie is op soek na die aanvallers van ‘n mielieboer en sy plaasvoorman van Bapsfontein aan die Johannesburgse Oos-Rand, het RSG berig.

Die voorman, wie se naam nie bekendgemaak is nie, is koelbloedig doodgeskiet. Die boer, Gert van Wyk, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

Volgens ‘n vrou wat op die buurplaas woon, het die rowers na bewering voorgegee dat hulle mielies wou koop.

Dit is nie bekend hoeveel rowers betrokke was, en of enigiets gesteel is nie.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae