“Ek is baie jammer dat ek dit kwytgeraak het. Dis een van die dinge in my lewe waaroor ek die meeste spyt is,” het die span se kaptein volgens die publikasie gesê.
Watson het in 2008 ‘n skerp reaksie ontlok toe hy in ‘n toespraak gesê het Suid-Afrikaanse rugby se probleem is dat dit deur “Dutchmen” beheer word. Die toespraak is sonder sy medewete opgeneem.
Hy het in ‘n onderhoud met 702 SportsTalk gesê hy het die opmerking in ‘n “warm oomblik” gemaak. Hy het ook gesê dat hy “baie Afrikaanse vriende” het.
“Jy moet op ‘n tydstip jou hand opsteek en sê ‘jammer, ek het drooggemaak’. Dit raak my diep dat baie mense my steeds ondersteun het,” het Watson aan Sport24 gesê.
“Ek kan egter nie van deur tot deur gaan en vir elke Suid-Afrikaner jammer sê nie.
“Dis vir my belangrik om met integriteit deur die lewe te gaan. Ek wil hê dit moet die nalatenskap aan my familie en van my lewe wees.
