Die senaat in Amerika het met ‘n oorweldigende meerderheid gestem om Senator John Kerry as die land se nuwe minister van buitelandse sake te bekragtig.
Hy vervang die uittredende Hillary Rodham Clinton, wat Vrydag haar laaste dag in die Staatsdepartement sal werk.
Die veteraan senator van Massachussets is deur sy kollegas in die senaat bekragtig met 94 stemme ten gunste en 3 stemme teen sy benoeming. Só ‘n meerderheid is seldsaam in Amerika se twee-party stelsel.
Kerry is die eerste wit man om dié posisie te beklee sedert Warren Christopher in 1997.
