Ondersoek eers Reitz-insident

Dit kan insigewend wees as Anton Barnard se artikel Vrugte van gedwonge integrasie aangevul word met `n beknopte kronologiese oorsig van die gebeure by die Universiteit Vrystaat. Dan mag die onbevange leser besluit dat benewens die bedanking van die rektor 'n onafhanklike ondersoek deur `n bevoegde buitestander noodsaaklik is alvorens enige dissiplinêre of regstappe ingestel word.

Lees verder: Ondersoek eers Reitz-insident

‘Integrasie’-video veroorsaak ontsteltenis

ʼn Video van Kovsie-werknemers op hul knieë wat vleis eet waarop daar geürineer is, is gister in die “sterkste moontlike terme” deur die universiteit verwerp.

Die video, wat by die Reitz-manskoshuis gemaak is, het Dinsdagoggend aan die lig gekom en volg op onluste op die kampus verlede week oor die universiteit se gedwonge integrasiebeleid.

Lees verder: ‘Integrasie’-video veroorsaak ontsteltenis

Zuma het president van Mauritius ontmoet

Koerantberigte dui aan dat die ANC-president, Jacob Zuma, verlede week blykbaar privaatontmoetings met die eerste minister van Mauritius, Navichandra Ramgoolam, gehad het. Dit wil voorkom asof die vergadering deel uitmaak van Zuma se pogings om die Suid-Afrikaanse owerheid te verhoed om getuienis teen hom uit daardie land te verkry.

Lees verder: Zuma het president van Mauritius ontmoet