Ondersoek eers Reitz-insident

Dit kan insigewend wees as Anton Barnard se artikel Vrugte van gedwonge integrasie aangevul word met `n beknopte kronologiese oorsig van die gebeure by die Universiteit Vrystaat. Dan mag die onbevange leser besluit dat benewens die bedanking van die rektor 'n onafhanklike ondersoek deur `n bevoegde buitestander noodsaaklik is alvorens enige dissiplinêre of regstappe ingestel word.
Gedurende sy eerste termyn wat ten einde sou loop in 2007 was daar aanduidings dat die rektor, voorheen 'n dosent in handelsvakke aan die UV, die universiteit sien as 'n instelling met die roeping om studente logies-wetenskaplik in `n akademiese omgewing op te lei.
Vroeg in 2007 het gerugte die ronde begin doen dat die universiteitsraad hulle daarvoor beywer om, in stede van die bevordering van die swart viserektor, die rektor vir 'n tweede termyn aan te stel. Dit het toe so verloop.
Kort nadat die heraanstelling bekend geword het, is die beleid van koshuisintegrasie afgekondig. Dit het reaksie van die studente, die studenteraad, ouers en die VF+ uitgelok. Daar is toe ook beweer dat die rektor advies van gesaghebbende deskundiges ontvang het om koshuisintegrasie op 'n ander wyse en met verdrag te implementeer. Dit het egter gou duidelik geword dat die rektor inderdaad sodanige advies van die hand gewys het.
Reeds voor hierdie stadium het Volksblad 'n tirade van me. Pandor teen die wit studente van die UV gepubliseer. Uit die geledere van die universiteit word o.a. in 'n brief aan die pers gevra of verreken is wat na 1994 op Engelse kampusse soos Pietermaritzburg, Durban-Westville en Wits gebeur het, en is gepleit vir "eenheid-in-verskeidenheid" eerder as "eenheid-ten-koste-van-die-verskeidenheid".
Die konvokasie, onder voorsitterskap van 'n oud-hoofregter, vra die universiteit vir geleentheid vir bedaarde oorweging van die integrasiemodel. Dit word van die hand gewys. Die Universiteitsbestuur se gesindheid word tentoongestel ná dit bekend geword het dat VF+ van voornemens is om met die saak hof toe te gaan.
Na aanleiding van 'n VF+ kampusoptog van studente verleen Volksblad ruimte aan `n "filosofiedosent", inderwaarheid 'n junior lektor, om 'n artikel "Afrikanerstudente se protesoptrede 'maar flou'" te plaas. "'n Paar voorbokke blaas op fluitjies," skryf hy, "en een lummel span selfs die 'vuvuzela' in … 'n Paar (swart) polisiemanne (hou) 'n oog oor verrigtinge." Deurlopend spreek sy "swart vriendin en makker" mee. Die jong satirikus van die UV  vervolg, "…een of ander massa-poets met Leon Schuster iewers agter 'n kamera. Blykbaar het Sarie Marais en Bobbejaan klim die berg vroeër uit volle, wit borse opgeklink. F*kit! … Is dit al? Waar is die aksie? Waar is die fight!?" vra sy makker en vriendin.
Maar die UV kan beter doen. Die hoof van die Department Filosofie volg dit op met 'n openbare lesing op die kampus, alles in Sowt Efriken Inglish, om die noodsaak van "eenheid-ten-koste-van-die-verskeidenheid" by die UV te verduidelik. In 'n brief aan ouers van studente i.v.m. die 2008 akademiese jaar skryf die rektor dat hy nou kan "voortgaan met nasiebou." Genoeg van die bedenklike doen en late van die universiteitsbestuur waarvan heelwat op die een of ander manier sedert Julie 2007 in die plaaslike koerant verskyn het.
Oor die vindingryke en vreedsame protes van die huiskomitees van dames- en manskoshuise en die oproer op die kampus, word op 21.02.08 in Volksblad gerapporteer. Hoe polisiemanne die studente van die grasperke " … in hul koshuise in … dwing met hul wapens" is die fokus van die berig. Volksblad rapporteer daarna dat die aksie van die huiskomitees en die oproer afsonderlike voorvalle was. Onder die kop "Onaanvaarbaar – rektor" berig Volksblad dat die rektor Sondag (24.02.08) "sy hart oopgemaak het" deur  te "kap … na studente (…) veral wit studenteleiers." Op 26.02.08 volg, in vetter letters, die opskrif  "UV: Tugstappe kan volg".
Hierin word die feit van die afsonderlike oproer deur "die universiteit" verduidelik deurdat "die staking die koshuise met `n leierskapsvakuum gelaat het wat die geleentheid vir vandalisme op die kampus geskep het". Klink dit geloofwaardig? Onder groot vet letters "Video-bom" berig Volksblad dat `n video wat in September 2007 gemaak is op die kampus versprei is. Die rektor se verklaring lui: "A video, made by residents of the Reitz mens' residence on the Main Campus of the University of the Free State (UFS) in Bloemfontein, surfaced this morning (Tuesday, 26 February 2008) and was brought to my attention." Mmmm!
Die vraag is of `n vernielsugtige oproer spontaan begin die oomblik as huiskomitees uit die koshuise beweeg? En natuurlik wie dit aangeblaas het?

online casino bonusФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae