Cosatu dreig met protesaksies as elektrisiteitspryse verhoog word. Dit sal die krisis wat mynbou bedrywighede ontwrig, en beleggers bekommerd gemaak het, vererger. Die sentrale bank weier om op Eskom se versoek kommentaar te lewer. Die bank sê buitensporige tariefverhogings gaan druk plaas op die inflasiekoers wat reeds hoog is weens stygende voedsel- en brandstofpryse. Eskom verlang die tariefverhoging van meer as die 18.7 persent wat hy aanvanklik laasjaar aangevra het. Die syfer is deur die nasionale energiereguleerder verwerp. Finansiële segsman Bongani Nqwababa sê Eskom en die Reguleerder gaan oor twee weke oor die saak gesels.

Eskom beding vir ‘n prysverhoging van meer as die 14.2 persent wat laasjaar toegeken is. Die nutsmaatskappy wat met ‘n landswye energiekrisis worstel, sê die stygende steenkoolprys dwing hom daartoe.