Vrugte van gedwonge integrasie

ImageDie koerante en nuuswerwe is vol van die sogenaamde walgvideo, waarin studente in ‘n manskoshuis op Kovsies glo swartes vleis maak eet waarop daar geürineer is.

Die studente se manier van kommunikasie is weliswaar kru en ongevraagd, maar dit het tog hulle punt effektief oorgedra: integrasie stuit hulle teen die bors. Dis ‘n vorm van kommunikasie, byna nes die afbrand van ‘n paar treinwaens weliswaar ‘n oortreding van die wet is, maar wel die punt oordra dat pendelaars moeg is vir vertragings. Of wat van swart studente wat gereeld slaags raak met die polisie en kampusse verwoes? Dis ook ‘n vorm van kommunikasie met die owerhede.

("Ontheffing" is natuurlik ‘n welbekende ritueel in koshuise. Ek moes self walglike brousels eet en drink toe ek onthef is. Ek het vir dae lank moes skrop om die mengsel van olie en mercurochrome af te kry. Of ontheffing in dieselfde liga van kriminele gedrag val as die afbrand van ‘n treinwa of die verwoesting van ‘n kampus, is nie seker nie.)

Professor Fourie, die rektor, se hoogheilige weersin in die voorval word ook in die berig weergegee. Siestog. Ek het geen simpatie met die rektor nie. Die walglike beleid van gedwonge integrasie, waaraan Fourie regstreeks aandadig is, is die grondoorsaak van hierdie voorval. Was dit nie vir Fourie-hulle se Orwelliaanse agenda nie, waarin mense teen hulle sin gedwing word om te integreer, sou hierdie voorval nooit plaasgevind het nie.

As Professor Fourie enige integriteit van welke aard ook al gehad het, sou hy die eerbaarheid aan die dag gelê het om te bedank. Sy optrede en sy afstootlike beleid van gedwonge integrasie het regstreeks gelei tot hierdie voorval.

to promoteпрокурор Фильчаков