My lewe in Rusland: ‘n onderhoud met Fransi Phillips

  Die Afrikaanse skryfster Fransi Phllips vertel van haar lewe in Rusland en hoe sy daar beland het op praagTV, ons YouTube-kanaal. Die onderhoud is op 3 Julie 2013 in die Pretoriase kunsmuseum gevoer. Die vraesteller is Dan Roodt.

Lees verder: My lewe in Rusland: ‘n onderhoud met Fransi Phillips

Kern van Mandela-twis is Xhosa-matriargie

Die twis tussen die Mandelas het verhewig met Nelson Mandela se kleinseun Mandla wat Donderdag daarop aandring het dat Mandela hom gevra het om in Mvezo, langs sy ouers, begrawe te word. Madiba se graf het oënskynlik die familietwis tussen Mandla en sy broers en tantes veroorsaak. Makaziwe en 15 ander het hulself tot die

Lees verder: Kern van Mandela-twis is Xhosa-matriargie

Nóg ‘n petrolskok kom!

Business Report berig dat nog ‘n petrolskok op Suid-Afrikaners wag. ‘n Voorlopige som deur die departement van energie, wys dat petrol tot 61c per liter meer kan kos van Augustus af. Dit is op internasionale oliepryse gesbaseer, sowel as die verhandelingskoers van die rand wat tussen 28 Junie tot 2 Julie bereken is. Motoriste betaal

Lees verder: Nóg ‘n petrolskok kom!

Mandela se toestand verbeter effens

Nelson Mandela se vrou, Graca Machel, het Donderdag gesê dié voormalige staatshoof ervaar ongemak, maar nie pyn nie. “Ons is nou al sowat 25 dae in die hospitaal,” het Machel gesê. Die kliniek het ‘n kamer tot Machel se beskikking gestel waar sy inwoon om die media-aandag buite die gebou te kan vermy. Machel het

Lees verder: Mandela se toestand verbeter effens

Medici sê Mandela nie in ‘vegetatiewe’ toestand nie

Medici wat Nelson Mandela behandel, het ontken dat hy in ‘n vegetatiewe toestand is, het die presidensie Donderdag gesê. Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het Donderdagmiddag in ‘n verklaring gesê pres. Jacob Zuma het Mandela in die hospitaal besoek en dat die voormalige staatshoof steeds in ‘n kritieke, maar stabiele toestand is. Die presidensie het die

Lees verder: Medici sê Mandela nie in ‘vegetatiewe’ toestand nie

Vryheidsfront verloor op Naboom teen DA weens verdeelde regse stem

Die Vryheidsfront Plus het gister tydens ‘n tussenverkiesing in wyk 4 ‘n neerlaag teen die DA in ‘n konserwatiewe Noord-Transvaalse kiesafdeling op Naboomspruit teen die DA gely deur met 582 stemme teen die DA se 665 te verloor. Van die party se organiseerders blameer Afriforum wie se voorsitter op die dorp, mnr. Philip van Staden,

Lees verder: Vryheidsfront verloor op Naboom teen DA weens verdeelde regse stem

Zille skerm vir twisgierige Mandela’s

Nelson Mandela se familie moet die privaatheid gegun word om hul verskille op te los, het Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, Woensdag gesê. “Ek wil liewer nie kommentaar lewer oor die kwessie nie. Die familie moet die ruimte gegum word om dit op te los,” het Zille aan joernaliste buite die Harthospitaal in

Lees verder: Zille skerm vir twisgierige Mandela’s

ANC skors Potch-raadslede wat saam met DA stem

Die ANC in die Noordwes het die skorsing verwelkom van 14 raadslede van die Tlokwe-munisipaliteit wat saam met die DA gestem het om die burgemeester, Maphetle Maphetle, te ontsetel. Die besluit om die groep te skors, is Woensdag op ‘n vergadering van die provinsiale tugkomitee gemaak. Die ANC beweer 16 van sy raadslede het ‘n

Lees verder: ANC skors Potch-raadslede wat saam met DA stem

SA wil renosterhoringhandel beter reguleer

Suid-Afrika is intussen besig om ‘n omvattende voorstel vir handel in renosterhoring voor te berei vir oorweging by die Konvensie vir Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, CITES. Dit sal gereed wees vir die organisasie se volgende byeenkoms wat oor drie jaar in Suid-Afrika gehou word. Die minister van omgewingsake – Edna Molewa – sê die

Lees verder: SA wil renosterhoringhandel beter reguleer