Die ANC in die Noordwes het die skorsing verwelkom van 14 raadslede van die Tlokwe-munisipaliteit wat saam met die DA gestem het om die burgemeester, Maphetle Maphetle, te ontsetel.
Die besluit om die groep te skors, is Woensdag op ‘n vergadering van die provinsiale tugkomitee gemaak.
Die ANC beweer 16 van sy raadslede het ‘n raadsvergadering bygewoon, waar hulle ten gunste van Maphetle se ontseteling gestem het.
Dit was die tweede poging om Maphetle uit sy pos te verwyder.
Chris Hattingh, DA-leier in die Noordwes, het gesê 29 raadslede van alle partye, insluitend die ANC, het eenparig gestem vir die heraanstelling van Annette Combrink.
Die geskorste lede kan by die nasionale appèlkomitee appelleer teen hul skorsing.
