praag.co.za

Mandela-twis verhewig

Written by

in

Drie lykswaens van ‘n begrafnisondernemer in Mthata in die Oos-Kaap het op Mvezo aangekom om die oorskot van oudpresident Nelson Mandela se kinders na Qunu terug te neem, berig RSG.

Dit volg nadat Madiba se kleinseun, Mandla ‘n hofgeding verloor het om die opgrawing van Tembekile, Makgato en Makaziwe Mandela te keer.

Die hekke wat buite Mvezo aangebring is, is volgens die radiostasie oopgebreek.

Mandela se oudste dogter Makaziwe en kleinseun Ndbaba is ook op die toneel saam met amptenare van die departement van gesondheid. Hulle is deel van die 16 aansoekers wat die hofaansoek gerig het om die oorskot na Qunu terug te neem.

Die oorskot van drie van Mandela se kinders sal forensies ge toets word nadat dit oornag na ‘n lykshuis in Mthtatha gebring is.

Die oorskot is laat Woensdag ingevolge ‘n hofbevel by Mvezo opgegrawe.

Ingevolge die hofbevel moet die oorskot teruggeneem word vanwaar Mandla dit in 2011 na Mvezo geneem het.

Die drie familielede wie se oorskot geskuif is, is Mandela se oudste seun en Mandla se pa Makgato Mandela wat in 2005 oorlede is, Mandela se eerste dogter Makaziwe wat as ‘n baba in 1948 gesterf het, en Mandela se tweede seun Madiba Thembekile wat in 1969 in ‘n motorongeluk oorlede is.

Intussen sal Mandla Mandela Donderdag ‘n mediakonferensie hou om sy kant van die saak te stel.

Comments

Leave a Reply