Nelson Mandela se familie moet die privaatheid gegun word om hul verskille op te los, het Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, Woensdag gesê.
“Ek wil liewer nie kommentaar lewer oor die kwessie nie. Die familie moet die ruimte gegum word om dit op te los,” het Zille aan joernaliste buite die Harthospitaal in Pretoria gesê.
Mandela is op 8 Junie vir ‘n herhalende longinfeksie in die hospitaal opgeneem. Hy is in ‘n kritieke, maar stabiele toestand.
Zille het gesê terwyl sy in Pretoria was, het sy dit goed gedink om aan te doen by die hospitaal waar Mandela behandel word, om ‘n bos blomme neer te sit en die voormalige staatshoof ‘n spoedige herstel toe te wens.
“Ek kon nie verby die hospitaal ry en niks doen nie. Die DA ondersteun die vader van die nasie, Nelson Mandela.”
Zille het gesê sy wou na die hospitaal kom wanneer Mandela se toestand verbeter het en dat sy familie sal besluit oor die internasionale ikoon se laaste rusplek.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.