Dit is hoe dit moet wees!

Dink ’n mens aan Mercedes-Benz, dan sien jy groot lomp karre vir oumense, maar die teendeel is egter in 2010 van die moderne Mercedesse waar. Daar is werklik ’n rasegte Mercedes vir elke segment of smaak beskikbaar. Die ongelooflike is dat elke Mercedes wat by ’n handelaar se deure uit ry werklik soliede kwaliteitmotors is

Lees verder: Dit is hoe dit moet wees!

Lojaliteit en ‘n bisarre Suid-Afrika

Opposisiepartye is oor die algemeen nie konstruktief nie, en by implikasie nie lojaal nie. Dit is ‘n veralgemening dat Suid-Afrikaners nie positief oor die land is nie. Dit is min of meer die kernagtige samevatting van pres. Jacob Zuma oor wat in die land aan die gebeur is – ‘n president met toenemende kenmerke van

Lees verder: Lojaliteit en ‘n bisarre Suid-Afrika

Miljoene pendelaars van Maandag gestrand

Metrorail se voorstedelike pendeldiens gaan van Maandag landwyd ook begin staak. Dit sal grootskaalse ontwrigting veroorsaak omdat ten minste 2 miljoen pendelaars sonder vervoer sal sit. Die South African Transport and Allied Workers Union (Satawu) het aangekondig deur die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), Metrorail se beheerliggaam, dat hulle ook gaan deelneem. Die staking deur Transnetwerkers,

Lees verder: Miljoene pendelaars van Maandag gestrand

ET as vark uitgebeeld

Skilderye wat die vermoorde AWB-leier, Eugene Terreblanche, as ’n vark uitbeeld word tans by die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad tentoongestel. Die kasteel word uitgehuur aan Good Hope Art, ’n organisasie wat werksessies aan agtergeblewe kunstenaars bied. Die organisasie word deur Truworths geborg. Die bestuurder van Kasteel de Goede Hoop, kapt. Francois Morkel, was

Lees verder: ET as vark uitgebeeld

Jeugliga gaan militêr opgelei word

Die ANC-Jeugliga se nasionale uitvoerende komitee, gelei deur hul leier Julius Malema, sal in September militêre opleiding ontvang, is Donderdag aangekondig. Lindiwe Sisulu, die minister van verdediging, het ooreengekom om die nodige reëlings te tref, het die Jeugliga en die departement in ‘n gesamentlike verklaring gesê. Hierdie ooreenkoms is gemaak terwyl Sisulu die ANC-Jeugliga se

Lees verder: Jeugliga gaan militêr opgelei word

Afrikaners in die vierde wereld

Afrikaners bevind hulself met nóg politieke mag nóg ‘n land, is slagoffers van regstellende aksie en SEB, verarm by die dag en word uitgemoor. Afrikaners is ‘n  volk met ‘n eie identiteit, taal en tradisies. Daar is ‘n segment van die Afrikanervolk wat streef na herwinning van politieke solidariteit met die doel  om deur hulleself

Lees verder: Afrikaners in die vierde wereld

Polisie meen terreurdreigemente hou geen gevaar in

Die Suid-Afrikaanse polisie dra geen kennis van enige terreur-dreigemente wat op die Wêreldbeker-sokkertoernooi gemik is nie, het Bheki Cele, die polisiekommissaris Donderdag gesê. “Ons weet van geen dreigemente nie.  Ons is reg om ons besoekers te beskerm,” het hy gesê. Cele het verslaggewers by die King Shaka Internasionale Lughawe toegespreek gedurende ‘n geleentheid waar die

Lees verder: Polisie meen terreurdreigemente hou geen gevaar in