Zuma s? grondhervorming moet vinniger plaasvind

Image

Jacob Zuma

Die president van die ANC, Jacob Zuma, sê dat grondhervorming vinniger moet plaasvind. Zuma het gister by ‘n Werkersdagbyeenkoms op Klerksdorp ‘n vurige toespraak gemaak waarin hy gekla het dat veral vroue op die platteland teen ‘n hongerloon moet werk.

Lees verder: Zuma s? grondhervorming moet vinniger plaasvind

Oor skole, perde en vaardighede

Die siening van die adjunk-president dat vaardighede ingevoer moet word, is nogal heel interessant. Ek dink nie dat die vrou al enigsins helder gedink het oor die saak voordat sy sulke uitsprake gemaak het nie. En die motiverings daarvoor is nog meer van ‘n ondeurdagte saak. Die een ding wat sy in gedagte moet hou, is dat mens ‘n perd tot by die water kan lei, maar jy kan hom nie maak drink nie. En die beginsel geld regdeur die lewe. Op skool, in ‘n werksituasie of waar mens leef en speel.

Lees verder: Oor skole, perde en vaardighede

Zimbabwe se MDC verwerp tweede ronde

 

Image

Zim-vroue by ‘n perskonferensie

Bronne binne die Zimbabwiese verkiesingskommissie meen dat Morgan Tsvangirai van die Beweging vir Demokratiese Verandering tussen 48% en 50% van die stemme in die presidentsverkiesing op hom verenig het. Ander bronne beweer dat Tsvangirai 47% van die stemme verkry het en Mugabe 43%.

Lees verder: Zimbabwe se MDC verwerp tweede ronde