Olifante gaan uitgedun word

Suid-Afrika se olifantgetalle het opgeskiet en planne om hulle uit te dun vanaf die 1ste Mei is amptelik goedgekeur.

 
Dit is die laaste uitweg om die Afrika olifant wat sedert 1995 meer as verdubbel het, se getalle onder beheer te bring.

Minister van Omgewingsake, Marthinus van Schalkwyk sê die kwessie van getallebeheer is uitermate moeilik.

Die toename in die aantal olifante vanaf 8 000 tot 18 000 het enorme druk op die land se wildsparke geplaas.

SANParke het ‘n beroep op die regering gedoen om getallebeheer toe te pas.

компрессора воздушные винтовые продажаФильчаков