R300 miljoen vermors op besproeiingskema

Die departement van landbou in die Limpopoprovinsie het blykbaar R300 miljoen uitgegee op besproeiingskemas met slegs ‘n tweepersentsuksessyfer.

Nou word ‘n forensiese oudit aangevra. Volgens mnr. Rudolph Phala, die ANC-voorsitter van die provinsie se staande komitee oor openbare rekeninge, oftewel Skoor, moet ons weet waarom miljoene rande vermors is op goed wat nie werk nie.

Blykbaar het hoëvlak-amptenare in die landboudepartement bande met die maatskappye wat die tenders ontvang het om die besproeiingstoerusting te verskaf en te installeer.

Mnr. Dries Joubert, president van die landbou-unie, TLU SA Noord, sê dat die belastingbetaler se geld gemors word.

оборудование автоОлександр Фільчаков прокурор