Volgens hom het die ANC tydens sy Pietersburgkonferensie besluit dat alle ANC-takke met die regering sal saamwerk om die regte van plaaswerkers en -bewoners te bevorder.
Hy het ook beklemtoon dat die teiken vir grondhervorming behaal moet word. Hiervolgens moet dertig persent van alle landbougrond teen 2014 aan swartes oorgedra word om bestaansboerdery en voedselsekuriteit te verseker.
Zuma het verder na die energiekrisis verwys en gemeen dit moet as ‘n geleentheid en nie as ‘n terugslag beskou word nie. Dis ‘n geleentheid vir die land om elektrisiteit op ‘n meer kostedoeltreffende manier te gebruik.
