Eskom gaan beurtkrag staak

Eskom gaan vanaf Maandag 5 Mei sy beurtkragbeleid opskort. Hierdie aankondiging is gister deur die nutsmaatskappy se hoofuitvoerendebeampte, Jacob Maroga, gemaak.

Volgens hom is daar getuienis van toenemende energiebesparing deur munisipaliteite en daarom is Eskom optimisties dat ‘n verdere afname in kragverbruik hom in staat sal stel om die 10%-besparingsteiken te bereik.

Geskeduleerde kragonderbrekings is vandeesweek opgeskort vanweë die aantal vakansiedae en die laer vraag wat gewoonlik gedurende sulke tye ervaar word.

Eskom gaan aanstaande week met senior beamptes van munisipaliteite vergader ten einde verdere energiebesparing te bespreek.

casino sign up bonus no depositАлександр Фильчаков прокурор