Geen vingerafdrukke, geen identiteitsdokument

Die Suid-Afrikaanse departement van Binnelandse Sake bly onwrikbaar: Geen vingerafdrukke, geen identiteitsdokument.

Die departement het onlangs ‘n aansoek vir ‘n ID-dokument afgekeur omdat ‘n vrou sonder hande nie die nodige vingerafdrukke kon aanheg nie. Die Star-koerant berig dat owerhede nie oortuig kon word dat ‘n persoon sonder hande nie vingerafdrukke kan laat maak nie.

Die wet, glo die departement, vereis dat vingerafdrukke aan die owerhede gelewer moet word en geen verskoning sal aanvaar word nie.

Menseregteaktiviste is ontsteld oor die aangeleentheid. Suid-Afrika het in die verlede dikwels onder kritiek moes deurloop omdat daar nie behoorlik na gestremdes omgesien word nie.

luckydino casinoФильчаков прокурор харькова